Die rede vir hierdie aansoek is as volg:
Die werkgewer het afgetree en Jan moet dus ander werk soek.
Jan doen sweiswerk, hy kan bou en teelwerk ook doen. Is uitstekend met houtwerk en algemene instandhouding.
Hy is baie vaardig met voertuigherstelwerk ook en het sy eie voertuig se enjin heeltemal oorgedoen.
Jan is baie passievol in sy werk en baie betroubaar
Hy het n groot liefde vir tuinwerk
Hy besit n geldige bestuurslisensie en het al 2 voertuie aangekoop. Hy kan dus sy finansies goed beplan.
Jan is betroubaar en sal nooit van die werk wegbly sonder n baie goeie rede nie